Litaue

Republiek Litaue
Lietuvos Respublika (Litaus)
Vlag van Litaue Wapen van Litaue
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Tautos jėga vienybėje
(Litaus vir: "Die nasie se sterkte lê in eenheid")
Volkslied: Tautiška giesmė
(Litaus vir: "Die nasionale volkslied")
Ligging van Litaue
Hoofstad Vilnius

54°41′N 25°19′O / 54.683°N 25.317°O / 54.683; 25.317

Grootste stad Vilnius
Amptelike tale Litaus
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek[1]
Gitanas Nausėda
Ingrida Šimonytė
Onafhanklikheid
• Eerste verwysing na Litaue
• Kroning van Mindaugas
• Unie met Pole
• Stigting van Pole-Litaue
• Verdeling van Pole-Litaue
• Onafhanklikheid verklaar
• 1ste Sowjet-besetting
• Nazi-Duitse besetting
• 2de Sowjet-besetting
• Onafhanklikheid herstel
van Rusland/Duitsland
9 Maart 1009
6 Julie 1253
2 Februarie 1386
1 Julie 1569
24 Oktober 1795
16 Februarie 1918
15 Junie 1940
22 Junie 1941
Julie 1944
11 Maart 1990
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
65 300 km2  (121ste)
25 200 myl2
1,98 (2015)[2]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
2 888 269[3] (135ste)
3 043 429[4]
44 / km2 (138ste)
114 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$144,261 miljard[5] (88ste)
$52 200[5] (39ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$85,999 miljard[5] (78ste)
$31 119[5] (40ste)

MOI (2021) 0,875[6] (35ste)  –  baie hoog
Gini (2022) 36,2[7] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .lt en .eu
Skakelkode +370
1Meervoudsvorme word deur die eindsyfers bepaal:
02–09: Litai/Centai, 00–01: Litų/Centų

Litaue (ook Litoue; Litaus: Lietuva, [lʲɪɛtʊˈvɐ]), amptelik die Republiek Litaue (Lietuvos Respublika), is ’n Noordoos-Europese land en ten opsigte van sy oppervlakte sowel as sy bevolking die grootste van die drie Baltiese lande. As die suidelikste van hierdie drie lande vorm Litaue volgens metings van die Franse Nasionale Instituut vir Geografie ook die middelpunt van Europa – net 26 kilometer noord van die Litause hoofstad Vilnius dui ’n wit granietsuil met vonkelende sterre hierdie geografiese punt aan en versinnebeeld ook die onafhanklike Republiek Litaue se lidmaatskap in die Europese Unie.

Nasa-Satellietbeeld van Litaue

Die Litause landskap met sy saggies golwende heuwels, donker woude en eensame mere het aanleiding tot die ontstaan van ’n ryk erfenis van sprokies, mites en liedere gegee wat onder meer die belangstelling van Duitse digters en filosowe soos Johann Wolfgang von Goethe en Johann Gottfried von Herder gewek het. Sangfeeste is steeds ’n belangrike deel van die kulturele lewe in Litaue, en sowat ’n kwart van die totale bevolking is lede van koorgroepe.

Vandag is Litaue ’n moderne Europese land wat sy regmatige plek in die Europese en wêreldekonomie inneem, terwyl sy bewoners danksy die uitgestrekte en dikwels ongerepte landskappe een van die mees natuurverbonde volke op die Europese vasteland gebly het. Litaue is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2015 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Op 5 Julie 2018 het Litaue by die OESO aangesluit.[8]

  1. (lt) Lina Kulikauskienė, Lietuvos Respublikos Konstitucija (Constitution of Lithuania), Native History, CD, 2002. ISBN 9986-9216-7-8
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 4 Maart 2024.
  3. (lt) "Pradžia – Oficialiosios statistikos portalas". Statistiek Litaue. 2 Maart 2024. Besoek op 4 Maart 2024.
  4. (lt) Lithuanian 2011 Population Census in Brief. Statistics Lithuania. 2012. ISBN 978-9955-797-17-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2016. Besoek op 4 Junie 2013.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Lithuania". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 4 Maart 2024.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 4 Maart 2024.
  7. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 4 Maart 2024.
  8. (en) "Lithuania's accession to the OECD". OESO. 5 Julie 2018. Besoek op 4 Maart 2024.